Tuesday, Oct 15th 2019

Group35 Foods | Swartland | South Africa

Bobaas Bierbrood

bierbrood s

  • 500g Best Bake Bruismeel
  • 5ml Sout
  • 340ml Bier
  • 1 Pakkie Bruin Uiesop

 

 

 

Metode

 

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n broodpan met kleefwerende middel.

Sif die Bruismeel en sout saam. Voeg die Sop poeier by.

Voeg die Bier by en meng goed. Skep in die bereide pan en bak vir sowat 1uur lank.  Laat afkoel en keer uit.

 

Variasies:

# Spekvleis Bierbrood

250g Spekvleis, fyn gekap

1 groenrissie, grof gekap en gesoteer tot sag

1 ui, fyn gekap en gesoteer tot sag

 

# Mielie Bierbrood

410g heel Pitmielies, gedreideer

100g gerasperde Kaas

 

# Knoffel Bierbrood

9 vars gekneusde knoffelhuisies, fyngedruk

50ml pietersielie, fyn gekap

 

 

* Voeg die variasies se bestanddele by die basiese resep en bak soos deur die basiese resep beskryf.